Ruth Lawrence, ‘n internasionale voortvlugtige, is Woensdagaand 24 Mei 2023 op ‘n aanklag van dubbele moord terug na Ierland uitgelewer.
Genl.maj. Mathapelo Peters, nasionale polisie-kommunikasiehoof, sê die uitlewering is gemaak nadat Lawrence in Oktober verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem is.
Lawrence en Neville van der Westhuizen, haar eks-verloofde, is albei vir dubbele moord wat gedurende 2014 in Ierland plaasgevind het, gesoek.
Van der Westhuizen, wat tans vir nog ‘n moord in KwaZulu-Natal tronkstraf uitdien, is ook op die uitleweringsversoek na Ierland in hegtenis geneem. Sy uitleweringsproses is tans in die Durbanse-landdroshof aan die gang.
As ‘n resultaat van samewerking tussen die Ierse Nasionale Polisie, Garda Siochana, wie se lede vroeër vandeesweek in Suid-Afrika aangekom het en die SAPD INTERPOL NCB in Pretoria, asook die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, speurders en misdaadintelligensie kon die opsporing en uitlewering van Lawrence, plaasvind.
Lawrence is Woensdag van Bloemfontein na Pretoria geneem waar sy later die aand aan die Ierse polisie uitgelewer en in aanhouding na Ierland teruggeneem is.
Gedurende die afgelope vyf jaar het lede van INTERPOL NCB Pretoria meer as 60 voortvlugtendes wat op uitleweringsversoeke en INTERPOL rooi kennisgewings gesoek was, suksesvol in hegtenis geneem.
Van die 60 vlugtelinge is 42 suksesvol uitgelewer en ‘n verdere 27 uitleweringsversoeke kom tans in verskeie howe in Suid-Afrika voor.
INTERPOL NCB Pretoria kon ook daarin slaag om 11 gesoekte voortvlugtiges op te spoor en te reël vir aanhouding, wat intussen terug aan Suid-Afrika uitgelewer is en in die hof verhoor word.
Die SAPD deur INTERPOL NCB Pretoria werk steeds nou saam met wêreldwye wetstoepassingsvennote om te verseker dat SA gesoekte vlugtelinge in die buiteland sowel as internasionale gesoekte misdadigers wat in SA skuil, gearresteer word en geregtigheid in die gesig staar.
Peters het die volgende vrywaring saam met haar verklaring gemaak:
Please note that INTERPOL has no ambassadors and therefore distances itself from any commentator claiming to be representing or speaking on behalf of the Interpol. The erstwhile Interpol Turn Back Crime Campaign ran its course at the time (2014) and is no longer existent. The only people authorised to engage with the media on behalf of Interpol, are SAPS spokespersons as primary, and Interpol NCB Pretoria officers on special request.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



