Voelgoedstorie: JMPD beampte koop vir meisie skoolskoene

Deel hierdie storie / Share this story

Slegs bekend as offisier Mkosi, ‘n beampte van Johannesburgse Metro Polisie Departement, het vir ‘n jong meisie skoolskoene gekoop.

JMPD sê in ‘n plasing op hul Facebook-blad dat die beampte gehelp het om skoliere wat op pad was skool toe oor ‘n pad te help.

Hy het ‘n jong meisie met skoolskoene gesien wat geskeur is en vir haar skoengrootte gevra.

Die volgende oggend het hy vir haar ‘n splinternuwe paar skoolskoene gegee.

“His act of kindness is immensely appreciated!!!”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.