Lehlohonolo Micholas Mokale (29) het op 18 Junie 2022 vir Matshediso Masisi (32), sy meisie, in Allanridge in die Vrystaat vermoor, waarna hy deur die Vrystaatse hooggeregshof in Virginia aan moord skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is.
Kapt. Stephen Thakeng sê polisielede het op die betrokke datum ‘n anonieme oproep ontvang van ‘n vrou wat by Nyakallong Stadium aangerand is.
Polisielede het dadelik na die toneel gery en bloedspore gesien wat hulle tot by ‘n sekere huis gevolg het.
Daar is aan die deur geklop en ‘n man met bebloede klere het die deur oopgemaak. Hy is na sy klere uitgevra waarop hy gesê het dat hy en sy meisie baklei het.
Hy is gevra om sy meisie te roep waarna hy gesê het dat sy slaap. Die polisielede is na ‘n slaapkamer geneem waar hulle die vrou wat met komberse toegemaak is, gekry het. Sy is oopgemaak en daar is gevind dat sy nie reageer nie.
Nooddienste is gekontak en sy is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
‘n Voorlopige ondersoek het bevind dat daar ‘n geskiedenis van huishoudelike geweld tussen die paartjie was.
Die veroordeelde moordenaar het ten tyde van die voorval die vrou se ligaam van die stadion na die huis gesleep.
Brig. Mzondi Mojafi, die waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, het die vonnis verwelkom.
Speurdersers. Tseliso Mabaso van Allanridge speurtak het die vonnis met goeie ondersoekwerk verkry.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



