Die Troebadoer, oftewel Ed van Wyk, vir wie daar gister gebede gevra is, is gister in die ouderdom van 71 jaar oorlede.
Hy is op 3 Sepember 1951 gebore.
World Of Music (WOM) het die nuus van sy afsterwe aangekondig:
RUS IN VREDE
• Die Troebadoer (Ed van Wyk) •
Hartseer Nuus : WOM het sopas verneem dat SA sanger Die Troebadoer Ed van Wyk oorlede is op die ouderdom van 71 jaar oud .
Ons bid vir Ed se familie deur hierdie moeilike en hartseer tyd , dankie lede vir julle gebede.
FiND iT het vroeër soos volg berig:
Die Troebadoer, oftewel Ed van Wyk, se familie vra gebede vir die siek sanger.
Volgens WOM ervaar hy tans erge pyn.
Die blad het op 4 Mei geplaas dat hy met kanker gediagnoseer is.
“Ons het verneem dat Ed in 2021 gediagnoseer is met kanker en dat hy tans baie siek is. Ons bid dat Jesus Ed sal aanraak en genees en ons dink aan Ed se familie ook en dra hulle op in ons gebede.”
Die foto in die hospitaalbed is deur sy familie aan WOM verskaf.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



