269 voorlaaiers na vermoedelik 144 jaar opgegrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vryheid History Diggers het 269 voorlaaiers wat vermoedelik reeds 144 jaar begrawe is in Vryheid in KwaZulu-Natal, opgegrawe.

Die groep wat van metaalverklikkers gebruik maak vermoed dat daar steeds duisende van die geskiedkundige wapens in die gebied gevind kan word.

Riaan Leeuwner sê hulle vermoed dat die wapens moontlik in 1879 deur Engelse soldate by die Zoeloe Mdlalose-groep afgeneem is, ‘n maand nadat die Anglo-Zoeloe-Oorlog beëindig is. Die wapens se lope is platgeslaan en daarna begrawe. Engelse uniformknope is ook gevind.

Dit word as ‘n belangrike vonds vir geskiedenis in ‘n baie lang tyd beskou.

Die wapen-vonds is deur die groep aan verskeie museums geskenk.

Vryheid History Diggers het ‘n Facebook-blad waar aangesluit kan word.

Bron: Pretoria FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.