Swanger vrou beseer tydens botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Swanger vrou is Maandag beseer toe ‘n insleepvoertuig met ‘n voertuig waarin die vrou was, gebots het.

Verbygaande motoriste het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 19:16 van die ongeluk in kennis gestel.

Volgens inligting was die insleepvoertuig glo in Redcliff se rigting op pad toe die voertuig voor dit skielik gestop het. Die bestuurder van die insleepvoertuig het uitgeswaai en toe in die ander motor, wat in die ander rigting op pad was, vasgery.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel