‘n 43-jarige man wat gesoek is omdat hy na bewering sy ma aangeval het, is vandag (Maandag) deur lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) in Mountview, KZN, in hegtenis geneem.
Reaksiebeamptes is omstreeks 13:09 deur die man se familie gekontak. Volgens die inbeller het die verdagte sy ma al jare lank verbaal en fisies mishandel. Hy het glo ook waardevolle items uit hul Mountview-woning gesteel wat hy volgens die familielid verkoop om sy dwelmverslawing te ondersteun.
Volgens inligting het die man verlede week Donderdag sy 83-jarige ma aangerand en gedreig om haar met ‘n kombuismes te steek nadat sy geweier het om hom van finansiering te voorsien. Die ma het ‘n saak geopen.
Rusa-lede het die Verulam CBD gepatrolleer en die verdagte om 14:09 in Toddstraat opgemerk. Hy het probeer vlug, maar is dadelik aangekeer en in hegtenis geneem.
Hy is by die Verulam SAPD in aanhouding.



