Lees ook: Cholera-gevalle dodetal styg tot 12
Sewe verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op verskeie huisbraak implemente tot die waarde van R100 000 in twee distrikte.
Die polisie het inligting ontvang oor vyf verdagtes wat op pad was om ’n selfoon battery toring te roof. Die verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem met huisbraak implemente tot die waarde van R100 000 in hulle besit.
Een van die vyf verdagtes is in die Wes-Kaap gesoek vir ’n renosterstropery-voorval. Die ondersoek het na ’n huis in Mthatha gelei waar hulle Sondag twee verdagtes wat verlede jaar uit die Makhanda gevangenis ontsnap het in hegtenis geneem het.
Van die verdagtes word verbind aan minstens vyf renosterstropery gevalle in die Oos-Kaap. Die verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Cholera-gevalle dodetal styg tot 12



