Vrou dood, man en seun gevlieg – ongeluk toe vragmotor glo beheer verloor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou van Gqeberha is Saterdag 20 Mei 2023 omstreeks 10:30 tydens impak van ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n vragmotor op die N2 naby Peddie, dood.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die vrou, haar man en seun het na bewering in hul Audi Q3 in die rigting van Port Elizabeth gereis.

‘n Vragmotor van die Keiskammarivier rigting af het glo beheer verloor en die Audi Q3 getref.

Die vrou wat in die voorste passasiersitplek was, het met impak gesterf.

Haar man, wat die bestuurder van die voertuig was, en haar seun die ander insittende is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas van waar hulle na Gqeberha gevlieg is.

Die bestuurder van die vragmotor, wat sement vervoer het en sy passasier het geen beserings opgedoen nie.

Naam van die oorledene word weerhou totdat formele indentifisering plaasgevind het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.