Twee susters doodgeskiet – kêrel van een lewenslank gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Pretty Mazibuko (42) en haar suster Marcia Mazibuko (43) is Maandag 15 Mei 2022 in Kanyamazane, buite Mbombela (Nelspruit), doogeskiet.

Women For Change sê Rassie Nkune (36) het eers vir Pretty, sy meisie, verskeie kere en daarna haar suster Marcia, geskiet.

Hy het gevlug en is op 11 Augustus 2022 in sy wegkruipplek in Springs aan die Oos-Rand op nog ‘n beweerde moordklag van nog ‘n vrou in hegtenis geneem.

Rassie Nkuna is op 18 mei 2023 in die Mpumalanga-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die dubbele moord van die twee susters.

Hy sal na verwagting in 2024 vir die beweerde moord van Nonkululeko Crystal Nkosi in Sundra, Mpumalanga, verhoor word.

Na bewering het hy glo vir Nonkululeko met ‘n vuurwapen gedreig, verwurg en in ‘n sloot gegooi voordat hy weer gevlug het.

Nonkululeko kon voordat sy die volgende dag gesterf het vir Rassie Nkune as haar beweerde aanvaller uitwys, waarna hy in hegtenis geneem is.

Gedurende sy in hegtenisneming het hy blo beken op Hillary Gardee se moord. Omdat geen getuies opgespoor kon word nie is aanklagte teen hom en sy medebeskuldigdes in die saak verlede maand voorlopig teruggetrek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.