Lees ook: Cholera-waarskuwing uitgereik vir Gauteng
Die dodetal in die cholera-uitbraak in Hammanskraal het gestyg tot 12. Meer as 100 mense is besmet.
Die departement van water en sanitasie blameer die stad Tshwane vir die uitbraak.
Die burgemeester, Cilliers Brink, het gewaarsku teen gevolgtrekkings voor die ondersoek voltooi is en het gesê die stad sal verantwoordelikheid aanvaar as hulle skuldig bevind word.
Skoon water word aan die inwoners voorsien.
Bronne: eNCA, SABC, Jacaranda FM



