Een dood, twee beseer in kop-aan-kop botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Foto: CERT

Een persoon is dood en twee beseer in ‘n ongeluk wat Sondagoggend 21 Mei 2023 om ongeveer 02:45 op Hendrik Verwoerd-rylaan, naby Wierda Park in Centurion, plaasgevind het.

CERT (Community Emergency Response Team), Centurion bemanning het na die ongelukstoneel gegaan.

‘n Ligte motorvoertuig en ‘n bakkie wat kop-aan-kop gebots het, is gevind.

Een persoon is op die toneel dood verklaar.

Nog twee persone het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Presiese omstandighede wat tot die inisdent gelei het is nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.