Pasassiers vlug uit taxi wat aan die brand slaan

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste agt mense moes Donderdagoggend vlug uit ‘n taxi wat in Pricklepearstraat in Waterloo, KZN, vlamgevat het.

Volgens Reaction Unit South Afria (Rusa) het lede omstreeks 06:27 oproepe vanaf die publiek ontvang oor die brandende taxi.

Met hulle aankoms op die toneel, het hulle die taxi in vlamme aangetref.

Volgens ‘n pasassier het hulle rook by die taxi gesien inkom en kon hulle vinnig genoeg uit die taxi vlug, terwyl die taxi nog beweeg het.

‘n Vroulike pasassier het ligte beserings opgedoen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel