Drie mans wat van veediefstal beskuldig is, is Dindagmiddag erg deur die gemeenskap in Hazelmere in KZN aangerand.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het hulle omstreeks 15:22’n oproep om hulp ontvang. Met hulle aankoms op die toneel was ‘n groot skare van mans, vroue en kinders wat die drie mans omsingel het.
Volgens inligting het die drie mans glo ‘n bok in die omgewing probeer steel. Gemeenskapslede het dit glo raakgesien en begin om hulle aan te rand.
Die verdagtes het glo toe ook aan Rusa erken dat hulle van plan was om drie bokke te steel om dan weer te verkoop.
Die verdagtes is aan die Verulam-polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



