Johnny Depp vir 7 minute staande toegejuig oor nuwe film

Deel hierdie storie / Share this story

Johnny Depp is Dinsdagaand vir sewe minute staande toegejuig na afloop van die nuwe prent, Jeanne du Barry, wat tydens die 76ste Cannes-rolprentaand bekendgestel is.

In die romantiese en geskiedkundige rolprent vertolk Depp die rol van die 18de eeuse monarg, koning Louis XV, wat verlief is op ‘n gesellin van die hof.

Die rolprent is ook die eerste in jare na die hofsake en beskuldigings teen sy eks-vrou Amber Heard.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel