Drie beseer in botsing in Verulam, KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mense is beseer na ‘n botsing wat Donderdagoggend vroeg by die Todd- en Irelandstraat-interseksie in Verulam in die middestad plaasgevind het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 07:23 op die toneel aangekom. ‘n Geel Toyota Hiace-taxi en ‘n blou VW Golf het by interseksie gebots.

Drie pasassiers van die minibus het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Omstandighede rondom die ongeluk is nie vasgestel nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel