Vier kinders wat tydens die vliegtuigongeluk in die Kolumbiese Amasone vermis geraak het, is gevind. Kolumbia se president, Gustavo Petro, het Woensdag gesê die kinders, van onderskeidelik 13 jaar, nege jaar, vier jaar en 11 maande oud is gevind.
Die volwassenes is ook dood.
Owerhede het meer as 100 soldate met snuffelhonde ontbied om die kinders op te spoor na die ongeluk op 1 Mei plaasgvind het.
Reddingswerkers glo die kinders het sedert die ongeluk net deur die amasone gedwaal tot hulle gevind is.
Voordat die kinders gevind is, is die baba se bottel en halwe stuk vrug wat geëet is, gevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



