‘n Boer, sy vrou en vriendin op plaas aangehou – twee vas

Deel hierdie storie / Share this story

Adames Paulus Stemmett (54), ‘n boer, Zelda Stemmett, sy vrou en Suna Spershott, ‘n vriendin, is Woensdag 17 Mei 2023 op die Stemmett-plaas, The Heights, in Senekal distrik, aangeval.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê die drie is oorval toe hulle op die plaas aangekom het.

Hulle was besig om kruideniersware af te laai. Die man was buite en die twee vroue was binne die huis.

Die boer is na bewering deur twee onbekende mans met vuurwapens gekonfronteer. Hulle het hom glo die huis in gevat, waarna nog vier onbekende verdagtes ingekom het.

Die twee vrouens is blykbaar met ‘n koord vasgebind, waarna Stemmett na die slaapkamer forseer is deur die verdagtes wat glo na ‘n kluis gesoek het.

Hulle het na bewering drie vuurwapens, juwele, selfone en kontant gebuit, waarna hulle van die toneel gevlug het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Spershott was toe die verdagtes binnekom op die foon en alles kon gehoor word. Boere is in kennis gestel en het in getalle opgedaag om hulp aan te bied.

‘n Beweerde verdagte is aangekeer en ‘n groot som kontant was glo in sy besit gevind, waarna hy in hegtenis geneem is.

‘n Vrou (33) het glo met ‘n wegkom-motor nie vêr van die plaas langs ‘n pad geparkeer. Sy is ook in hegtenis geneem.

Met verdere ondersoek is ‘n Uzzi 9mm outomatiese-masjiengeweer en die voertuigsleutels van die slagoffers buite die plaas-erf gevind.

Die verdagtes sal Vrydag 19 Mei 2023 in die Senekal-landdroshof verskyn.

Vyf verdagtes is nog soek.

Lt.kol. Melato Sephiri, stasiebevelvoerder van Senekal, versoek enigeen met inligting om met hom in verbinding te tree by 082 455 6108 of die Stop Misdaad nommer 08600 10111 te kontak.

Alternatiewelik kan inligting deur die MySAPS toepassing gestuur word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.