Lesotho is sedert 16 Mei 2023 onder ‘n streng aandklokreël geplaas.
Lebona Lephema, die minister van plaaslike regering, hoofleierskap, binnelandse sake en polisie het in ‘n televisieverklaring die aanklokreël aangekodig.
Beweging word onbepaald tussen 22:00 en 04:00 aan bande gelê.
Dit volg na bewering op wat as die barbaarse moord deur onbekende aanvallers op Ralikonelo Joki, radio-aaanbieder vir Tšenolo FM, beskryf word.
Die gewilde aanbieder is glo doodgeskiet in ‘n verwikkeling wat skokgolwe deur die media van Lesotho gestuur het.
Volgens Lesotho Times word daar vermoed dat die moord met sy werk verband kan hou.
Bron: Lesotho Times, Daily Maverick, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



