Jong man dood en ander in skietvoorval beseer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong man (18) is dood en ‘n ouer man (31) beseer in ‘n skietvoorval wat Maandag 15 April 2023 omstreeks 12:10 in Klipfonteinpad, Heideveld, Manenberg, plaasgevind het.

Die twee het in die pad gestap toe die verdagte hulle nader en lukraak op hulle skiet. Beide is verskeie kere getref.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê terwyl die jonger man noodlottig gewond is, is die ouer man vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.

Die verdagte het te voet gevlug.

Geen in hegtenisnemings het plaasgevind nie.

Enigiemand met inliging rakende die voorval word vriendelik versoek om met Manenberg-polisie in kontak te kom by 021 699 9400 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.