Burgemeester van Standerton ontsnap dood net-net

Deel hierdie storie / Share this story

Louis Delani Thabethe, die burgemeester van Lekwa-munisipaliteit, het gisteraand, Woensdag 17 Mei 2023 omstreeks 19:32, in Kosmospark, Standerton, ter nouernood met sy lewe ontkom toe skote na bewering deur verdagtes op hom geskiet en dit gemis het.

Kol. Donald Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen wat tans ondersoek word.

Thabethe het geen beserings opgedoen nie.

Volgens Mdhluli is nog geen in hegtenisnemings uitgevoer nie.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het ‘n span ondersoekers saamgestel.

Enigiemand wat oor inligting van die voorval beskik moet kan met die Stop Misdaad nommer in aanraking kom by 08600 10111 of kan van die MySAPS toepassing gebruik maak.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Kasselman sekuriteit sê twee verdagtes was glo tydens die misdaad betrokke.

Die burgemeester was glo buite sy huis ingewag, waarna ‘n vuurwapen op hom gerig en drie skote afgevuur is.

Niks is gevat nie en die verdagtes het vermoedelik te voet gevlug.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.