Eskom-raad beplan glo om aksie te neem teen De Ruyter oor boek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Pravin Gordhan sê André de Ruyter het alleen ondersoek begin

Die Eskom voorsitter, Mpho Makwana, het gesê die Eskom-raad is besig om verskeie beweerde “oortredings” deur die voormalige Eskom hoof André de Ruyter in mediaonderhoude en sy nuwe boek na te gaan.

Makwana het Donderdag gesê De Ruyter het Eskom se vertroue in die “aakligste manier moontlik” gebreek.

De Ruyter het in ‘n onderhoud met Annika Larsen senior ANC politici beskuldig van korrupsie by Eskom. Hy het verder in sy boek Truth to Power: My Three Years Inside Eskom uitgebrei oor sy aantygings. Daar is ook verskeie ander aantygings in die boek gemaak.

Makwana het gesê De Ruyter se “oortredings” het in “terme van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Maatskappywet, die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en sy dienskontrakklousules oor vertroulikheid plaasgevind”.

Makwana het gesê Eskom se korporatiewe bestuurspanne hersien die oortredings en sal gepaste en redelike stappe doen om seker te maak die raad neem die nodige stappe teen De Ruyter.

Makwana het gesê die raad se Audit and Risk komitee gaan De Ruyter se aantygings ondersoek.

Bronne: My Broadband, Business Report, SABC

Lees ook: Pravin Gordhan sê André de Ruyter het alleen ondersoek begin