Lees ook: De Ruyter weier glo om Valke te ontmoet oor korrupsie-aantygings
’n Polisiekaptein in Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem vir beweerde bedrog. Die Valke het inligting ontvang oor ’n polisiekaptein van Krugersdorp wat glo ’n verdagte gevra het vir geld en in ruil het hy die verdagte nie in hegtenis geneem nie.
Die polisiekaptein het glo die geld ontvang in Fordsburg waar die Valke op hom gewag het en het gevlug. Die kaptein is na ’n jaagtog in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS, Algoa FM, News24
Lees ook: De Ruyter weier glo om Valke te ontmoet oor korrupsie-aantygings



