


Die Sharks rugbyspan het twee dae terug ‘n foto van ‘n jong ondersteuner op hul Facebook-blad geplaas. Daar was na die seun se reaksie op ‘n wedstryd na hom gesoek en dit het menige kommentaar uitgelok.
Kevin Forssman, die jong seun, het gister in die kommentaar van die plasing met die foto by geantwoord dat dit hý in die foto is.
Hy het ook ‘n foto van hom en van die spelers geplaas.
Volgens nog kommentaar is daar genoem dat hy ‘n leerling aan Laerskool Malelane is.
Mariette Botes Forssman, Kevin se ma, het twee dae terug ook foto’s in die kommentaar geplaas.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
Die foto is van ‘n jong seun wat deur ‘n ouer man van agter vertroos word.
Dit blyk asof hy in trane kan wees.
“This is what the win in Mbombela meant to our young fan. Help us locate him to thank him for his passion and to give him the opportunity to meet the team”
Daar word na die seun gesoek en gevra dat daar met hulle in verbinding getree moet word sodat die jong seun die geleentheid kan kry om die span te ontmoet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



