Bejaarde dood in plaashuis gevind – verdagte in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lance Arthur Da Silva (62) is Donderdag 4 Mei 2023 omstreeks 14:30 dood in die hoofslaapkamer van die plaas Windpoort in die Rouxville-distrik, Vrystaat, gevind.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die oorledene het ‘n skietwond aan sy linkerslaap gehad.

Armand Opperman (38) het na bewering by die oorledene op die plaas gewoon. Hy was aan’t vlug en is die volgende dag vir beweerde betrokkenheid in die bejaarde se moord in Gqeberha in hegtenis geneem.

Hy is in aanhouding na die Vrystaat teruggeneem waar hy op die klagte van moord in die Smithfield-landdroshof verskyn het.

Die saak is tot 22 Mei 2023 uitgestel waar hy in die Rouxville-landdroshof sal verskyn vir regsverteenwoordiging en verdere ondersoek.

Hy bly in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.