Vrou glo deur vervreemde man doogeskiet – hy handig homself oor

Deel hierdie storie / Share this story

Delana Cader Rawlins, in haar vroeë veertigs, is Saterdagaand in Wally Haywardrylaan in Ashburton, KwaZulu-Natal in die passasiersitplek van ‘n motorvoertuig doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê polisie in Alexandra Road was sedertdien warm op die hakke van ‘n verdagte wat na bewering vir haar dood verantwoordelik was.

Rapportering dui aan dat die oorledene by ‘n partytjie was toe sy en haar vervreemde man, met wie sy in ‘n egskeidingsproses betrokke was, in ‘n woordewisseling betrokke geraak het.

Na bewering het die oorledene se broer ingetree en saam met sy suster van die partytjie weggery.

Hulle het in Sally Haywardrylaan gery toe die verdagte wat hulle glo agtervolg het, hulle gestop het en verskeie skote op die oorledene in die passasiersitplek afgevuur het.

Sy is op die toneel dood verklaar, waarna ‘n soektog na die verdagte geloods is.

Volgens Woman For Change is meer as 10 skote na die oorledene gevuur.

Die verdagte wat van die toneel gevlug het, het homself op 15 Mei 2023 aan die polisie oorhandig.

Sy laat drie kinders agter.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

‘n Vrou is Saterdagaand kort voor middernag en die aanvangs van Moedersdag na ‘n argument met ‘n man wat glo aan haar bekend was, in ‘n motorvoertuig in Wally Haywardrylaan in Ashburton, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Volgens Mi7 National Group het hul beheerkamer ongeveer 23:47 berigte van die gemeenskap oor skote in die omgewing ontvang.

Reaksiebeamptes is uitgestuur na waar gemeenskapslede rondom ‘n geparkeerde voertuig in Wally Haywardrylaand saamgedrom het.

Die vrou, wat minstens 10 skietwonde opgedoen het, is in die passasiersitplek gevind.

SAPD en nooddienste is verwittig. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Na bewering was die oorledene, volgens familielede, by ‘n gesinsbyeenkoms waar die man (verdagte) haar gekonfronteer het. Sy is deur ‘n ooggetuie wat haar motor bestuur het, huis toe geneem.

Hulle is glo deur die man waarmee sy die onderonsie gehad het, gevolg. Hy het op haar geskiet en het in sy motor van die toneel gevlug. Die ooggetuie was ten tyde van die skietery in die voertuig, maar is nie beseer nie.

‘n Beskrywing van die verdagte se voertuig is gesirkuleer en dit is later verlate gevind.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

Vera Hammond Mckenzie het die volgende in op Facebook geplaas:

“Hi everyone. I would like to clarify that the female is my niece and she was in the car with her 2 brother in laws and the man in question is her soon to be ex-husband. This post makes it like a love triangle. Please get the story right before publishing.”

Die oorledene is in veskeie kommentaarplasings as Delana Cader Rawlins geïdentifiseer.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.