‘n Ma (48) en haar drie seuns van onderskeidelik 15, nege en vyf jaar oud is Vrydag dood nadat hulle woning aan die brand geslaan het.
Volgens die polisie het die brand ongeveer 20:00 Vrydagaand plaasgevind.
Die polisie is na die toneel ontbied en die brandweer was ook op die toneel om die brand te blus.
Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het die gesin ‘n petrol-kragopwekker gebruik om ligte in die huis aan te hou. Die oorsaak van die brand is egter nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



