Hulp gevra om man wat deur motor raakgery is, se familie te vind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie vra die gemeenskap se samewerking om die familie op te spoor van Richard Bongani Mdluli wat deur ‘n motor raakgery is.

Die man is Donderdag 11 Mei op die R57 naby die Sasolburg-ingang deur ‘n motor raakgery. Hy is na die Fezi Ngubentombi-hospitaal geneem waar hy later oorlede is.

Hy het ‘n blou denim, ‘n blou baadjie aangehad en ‘n swart sak by hom gehad.

Kontak die polisie by 0169701062 of 0834095419.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel