Limpopo-gesondheidsdepartement spreek kommer uit oor malaria-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie lewenslange tronkstraf vonnisse vir ‘n Facebook-reeksverkragter

Die departement van gesondheid in Limpopo het mense gevra om versigtig te wees na ‘n styging in  malaria-gevalle in die provinsie aangemeld is.

Die Limpopo LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, het gesê die gevalle het na 1 423 gestyg in die laaste vier weke, met twee sterftes.

Ramathuba het gesê die styging in gevalle kan wees as gevolg van die weer wat veroorsaak dat muskiete meer broei en die mense wat na malaria-endemiese gebiede gereis het tydens die Paasvakansie.

Simptome sluit in koors, kouekoors, spierpyn, hoofpyn, moegheid, naarheid en diarree.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Sowetan LIVE

Lees ook: Drie lewenslange tronkstraf vonnisse vir ‘n Facebook-reeksverkragter