Drie lewenslange tronkstraf vonnisse vir ‘n Facebook-reeksverkragter

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: OTM-bomaanvallers hou sekuriteitswagte gyselaar

’n Facebook-reeksverkragter is Maandag, 15 Mei, drie lewenslange tronkstraf vonnisse asook  ’n addisionele 280 jaar tronkstraf opgelê in die Makhanda-hooggeregshof.

Khululekani Justin Ngqeza (36) het tussen 2019 en 2020 tien vrouens tussen die ouderdomme van 15 en 21 op Facebook gelok met die belofte van ‘n loopbaan as ‘n model. Hy het die vrouens of in bosserige areas ontmoet of by oornagplekke waar hy hulle gedwing het om te betaal vir foto’s en hulle toe verkrag het.

Hy is in Mei 2020 in hegtenis geneem na sy laaste slagoffer na die polisie gegaan het en hy by ‘n padblokkade by die Kei Bridgde in hegtenis geneem is waar hy op pad was na Mthatha.

Bronne: SAPS, Dispatch Live

Lees ook: OTM-bomaanvallers hou sekuriteitswagte gyselaar