Voortrekkermonument se heiningbeveiliging aangespreek

Deel hierdie storie / Share this story

Beveiliging van die Voortrekkermonument na gevalle van misdaad en vandalisme is tydens ‘n vergadering met die Tshwane metroraad bespreek.

Die Voortrekkermonument sรช in ‘n plasing op hul Facebook-blad dat die metroraad vir die nodige beveiliging van die heining by die monument verantwoordelik is.

Volgens die monument het hulle reeds verskeie maatreรซls vir ekstra beveiliging van die monument en sy perseel aangebring, wat onder meer veldwagters, patrollies, kamerastelsels en die skoonsny van beboste gebiede, insluit.

‘n Samewerkingsooreenkoms is vir die langtermyn in werking gestel.

Kingsley Wakelin, die burgermeesterskomiteelid, het na die vergadering ‘n verklaring uitgereik.

Die vergadering is as ‘n positiewe stap in die regte rigting gesien wat pligte van betrokke partye vir toekomstige kennis uiteengesit het.

๐ƒ๐ข๐ž ๐•๐จ๐จ๐ซ๐ญ๐ซ๐ž๐ค๐ค๐ž๐ซ๐ฆ๐จ๐ง๐ฎ๐ฆ๐ž๐ง๐ญ ๐ž๐ง ๐“๐ฌ๐ก๐ฐ๐š๐ง๐ž-๐ฆ๐ž๐ญ๐ซ๐จ๐ซ๐š๐š๐ ๐จ๐ฉ ๐ฌ๐š๐ฆ๐ž๐ฐ๐ž๐ซ๐ค๐ข๐ง๐ ๐ฌ๐ฉ๐š๐

Die Voortrekkermonument se bestuur en senior bestuur van die Tshwane-metroraad, onder leiding van burgemeesterskomiteelid Kingsley Wakelin, het onlangs ontmoet om โ€™n deeglike langtermynsamewerking te bewerkstellig.

Die gesprek het gekom nadat daar verskeie veiligheidskwessies aan die lig gekom het oor die heiningbeveiliging by die Voortrekkermonument waarvoor die metroraad verantwoordelik is.

Die monument het verskeie maatreรซls in plek gestel vir die ekstra beveiliging van die terrein, soos veldwagters, honde- en perdepatrollies, kamerastelsels, oopsny van bebosde gebiede en nog vele meer.

Lees gerus die mediaverklaring hieronder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.