Fathima Haffeejee (35), ‘n inwoner van Parlock in Newlands West, in KwaZulu-Natal, word sedert Saterdagoggend 6 Mei 2023 vermis.
Reaction Unit South Africa sê volgens haar man was sy onderweg na ‘n werksonderhoud in Springfield Park, maar het nooit daar opgedaag nie.
Sy het beplan om met ‘n minibustaxi te reis.
Haar selfoon het sy die dag van haar onderhoud en haar verdwyning by die huis gelaat.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan daar met Reaction Unit South Africa in verbinding getree word by 086 123 4333.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



