Karlien van Jaarsveld het gister ‘n plasing op sosiale media gedeel waarin sy haar hulp aan mammas met vol hande op vlugte aanbied.
“Onthou asb. as jy my sien op ‘n vlug en jy’t hulp nodig met jou baba omdat jy soos ‘n pakdonkie ‘n 1000 goed moet dra, ek is jou girl om te vra vir hulp. Ek hou graag jou baba of jou goed vas.”
Die sangeres erken dat sy dit met graagte sal doen, sy verlang reeds 30 minute nadat sy haar kinders groet.
Sy het met ‘n mamma se toestemming foto’s van baba-Wian wat sy op ‘n vliegtuig ontmoet het geplaas.
“Ek het hierdie oulike baba Wian op my vlug ontmoet. Hy’t net so groot soos ek geskrik met die landing.”
Karlien sê sy voel jammer vir mammas wat bekommerd is vir die kyke van ander passasiers op ‘n vliegtuig, omdat ‘n baba durf huil of tantrums gooi.
Haar raad is dat volwassenes hul irritasies moet reguleer.
“Hy’s ‘n baba, jy is mooi groot so reguleer maar jou irritasies.”
“Babas huil, ek wens meer grootmense wil huil en ontslae raak van hulle opgekropte emosies.”
Sy het afgesluit met ‘n mooi boodskap aan die kleinding:
“Baba Wian, jy’s die vriendelikste lekkerste lyfie om vas te hou, ek het nooit groot babas gehad nie so ek geniet so lekker ‘n sterk baba, ek hoop jy gaan altyd so uit jou maag lag! Jou mamma is amazing.”
“Ek voel dadelik na aan vrouens wat hulle babas so lief en vertroetel, mooiste mooi om te sien.”
Berigte van goedkeuring vir Karlien het onder die plasing ingestroom.
Anarika Stander, baba Wian se mamma, het die volgende op die plasing se kommentaar gedeel:
“Vanaf die mamma wie se baba die is
Baie dankie vir jou hulp Karlien, jy is awesome! Ek voel geseënd om ons naweek só te kon afeindig! Hiermee nog ‘n prag kiekie van julle.”

Foto: Anarika Stander
Op haar eie Facebookblad het sy die volgende gesê: “So spesiaal. Hoe amazing is Karlien, sy het gehelp met my tassies dra en lekker vir boetie gecuddle.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



