Sewe werknemers by munisipaliteit geskors oor beweerde kabeldiefstal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie lewenslange tronkstraf vonnisse vir ‘n Facebook-reeksverkragter

Sewe werknemers is tydelik by die Oudtshoorn-munisipaliteit geskors nadat hulle na bewering koperkabels gesteel het.

Die werknemers, wat deel is van die departement van infrastruktuur, is aangemeld na hulle glo meer as 180 kg se koperkabel aan ‘n plaaslike skrootmetaalmaatskappy probeer verkoop het. Die eienaar van die maatskappy het die munisipaliteit in kennis gestel en CCTV-beeldmateriaal aan hulle voorsien.

Die munisipaliteit berei voor vir dissiplinêre verhore teen die werknemers en hulle beplan om kriminele klagtes teen die werknemers aan te bring.

Bronne: IOL, Flipboard

Lees ook: Drie lewenslange tronkstraf vonnisse vir ‘n Facebook-reeksverkragter