‘n Bejaarde man (68) en sy vrou (63) is ‘n kort rukkie gelede, Dinsdag 16 Mei 2023, gedurende ‘n huisroof in Amman Circle in Moutview, KwaZulu-Natal, aangerand.
Reaction Unit South Africa het omstreeks 09:36 ‘n oproep vir hulp ontvang.
Met reaksiebeamptes se aankoms op die toneel is hulle ingelig dat vier gewapende verdagtes na bewering die hek van die oprit uit sy spoor gelig het om toegang tot die perseel te kry.
Terwyl hulle glo waardevolle items en sleutels tot die kluis geëis het, is die bejaardes aangerand.
Die verdages het toe blykbaar ‘n selfoon gesteel en van die toneel gevlug.
Getuies het vier mans met klapmusse (balaclavas) wat gesien is toe hulle die perseel verlaat het, gerapporteer.
Daar kon nie bevestig word of die wegkom-voertuig in die omgewing geparkeer was nie.
Reaksiebeamptes is tans besig met ‘n soektog na die gewapende verdagtes.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



