‘n Bejaarde man (70) het onlangs nie teruggehou nie toe ‘n groep diewe sy motorfiets tydens middagete wou steel.
Ben Derbyshire, ‘n argitek wat die voormalige president van die Royal Institute for British Architechts was, het met gemaskerde verdagtes gestoei toe hulle probeer het m sy motorfiets in Hackney, Londen, te probeer steel. Die motorfiets was buite ‘n kafee vasgeketting.
Derbyshire het volgens Daily Mail by die kafee uitgestorm en die groep diewe gekonfronteer nadat hy die geraas buite in die straat gesien het.
In ‘n video wat versprei word, kan gesien word hoe Derbyshire sy selfoon met een hand vashou terwyl hy met sy ander hand aan sy motorfiets vashou en keer dat die verdagtes sy motorfiets steel.
Derbyshire se seun en die eienaar van die El Ganso Cafe help hom dan voordat die diewe van die toneel vlug.



