Beweerde dubbelmoord: Eenjarige en vierjarige kinders dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van ‘n eenjarige en ‘n vierjarige kind is in ‘n huis ontdek na wat die plaaslike polisie vermoed ‘n dubbelmoord is.

Polisiebeamptes van Northland, Nieu-Seeland, het op die gru-toneel in Peter Snell-straat in Ruakaka afgekom nadat inligting van “probleme by die huis” aangemeld is.

Die polisie ondersoek nou die twee kinders se moordsake. Volgens Daily Mail praat die polisie tans met ‘n vrou in verband met die moorde.

“Ons ondersoek is nog in die vroeë stadium en ons praat tans met iemand as deel van die indersoek,” het die speurder Bridget Doell gesê.

Verdere inligting is nog nie bekend nie.