Mark Montgomery, ‘n welbekende veldgids wat by die Fuild Guide Association of South Africa (SKS DA FGASA) geregistreer is, het onlangs ‘n onderonsie met ‘n krokodil gehad.
‘n Backabuddy-profiel is vir hom op 3 Mei 2023 geskep om fondse in te samel vir mediese kostes om hom by te staan.
Alhoewel hy ‘n passievolle gids met kennis ondervinding is, kan die wildlewe enige kenner in uitdagende kwesbare situasies plaas.
Mark was onlangs met ‘n groep op die Kruger-roete in Mpumalanga toe daar vir water gestop is.
Hy was besig om water op te skep toe hy die kop van ‘n krokodil net onder die oppervlak van die water opmerk.
Voordat hy kon besef, het die krokodil hom aan die hand gegryp en onder die water ingetrek.
Mark het die hele tyd van die bodem af geskop in ‘n poging om te keer dat die krokodil nie met hom in die water moet rol nie
Hy het homself deurentyd herrinner om nie sy hand uit die krokodil se bek te ruk nie, aangesien dit meer skade aan sy hand sou veroorsaak.
Mark kon daarin slaag om los te kom en het vinnig uit die water padgegee.
Volgens die South Coast Herald het ‘n assistent-veldgids hulp ontbied waarna hy eers na Skukuza en vandaar vir mediese hulp na Mediclinic in Nelspruit geneem is.
Mark moes prosedures en operasies ondergaan om sy hand te red, dit was betaal deur sy mediese fonds se hospitaaldekking, maar daar sal fisio en terapie waarvoor hy nie gedek is nie in die komende toekoms wees en hy het baie inkomste verloor.
Enigiemand wat in staat is en wil help om hom so gou as moontlik terug op sy pos in die bos te kry, kan hom deur sy backabuddy-profiel bystaan.
Klik hier om die Backabuddy-profiel te sien.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



