11-jarige doen ernstige beserings op in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Pro Med EMS het oor die naweek op oproepe reageer nadat ‘n ernstige motorongeluk op die R114 in Centurion plaasgevind het.

‘n Kind (11) het ernstige beserings opgedoen nadat die voertuig waarin hy was, met ‘n bakkie gebots het

Omdat die kind in ‘n ernstige toestand was en hulpbronne min was, is die kind deur Netcare991 se helikopter na ‘n spesialisfasiliteit geneem.

Drie ander pasiënte het ligte beserings opgedoen. Die pasiënte is op die toneel behandel en het volgens Pro Med geweier om na ‘n hospitaal geneem te word.