Moordenaar meen sy lewenslange vonnis is verby na sy hart gaan staan: ‘Ek was dood’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Veroordeelde moordenaar wat lewenslange tronkstraf in die tronk uitdien, sal agter tralies bly ten spyte van die feit dat hy redeneer dat sy tronkstraf verby was toe sy hart tydens ‘n mediese noodgeval gaan staan het.

Daily Mail berig die 66-jarige Benjamin Edward Schreiber is in 1996 skuldig bevind aan die moord op John Terry.

In Maart 2015 het Schreiber nierstene ontwikkel en is in die hospitaal opgeneem nadat septiese vergiftiging hom in sy sel in die Iowa State Penitentiary laat flou word het.

Nadat hy na die hospitaal gejaag is, moes mediese personeel sy hart vyf keer weer aan die gang kry nadat dit gaan staan het.

Hy het die nodige operasies ondergaan om die nierstene te verwyder en het herstel.

Schreiber het in 2018 ‘n aansoek ingehandig waarin hy noem dat, toe sy hart gaan staan het, hy “tegnies dood” was en dat sy vonnis dus verby is.

Die hof het sy aansoek afgekeur en hy sal agter tralies bly.