Minderjarige meisie na bewering verkrag – man (40) in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Meisie (12) is Saterdag 13 Mei 2023 omstreeks 13:30 na bewering deur ‘n man (40) in Leslie wat in die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga is, verkrag.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die voorval by Leslie-polisiestasie aangemeld en is die verdagte vinnig in hegtenis geneem.

Volgens inligting het die slagoffer in die straat gespeel toe sy glo deur die verdagte by sy huis ingelok en na bewering verkrag is.

Die slagoffer is na die voorval huis toe en het haar beproewing aan haar ouma vertel, waarna ‘n saak by die polisie aangemeld is.

Polisielede het vinnig die verdagte aangekeer.

Die saak sal deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek word.

Die man sal na verwagting Maandag 15 Mei 2023 op ‘n aanklag van verkragting in die Leslie-periodieke hof verkyn.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel en die lede geprys wat vinnig gereageer het om die vermeende oortreder in hegtenis te neem.

Die genl. het verder aangedui dat die SAPD hierdie voorvalle in ‘n ernstige lig beskou en hulle sal voortgaan om te verseker dat kinders teen oortreders van geslagsgebaseerde geweld beskerm word. Volgens die generaal is die vitimisasie van kinders beslis tekens van morele verval in die samelewing.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.