Jongman verdrink by Port Shepstone in die see

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jongman (19) het Sondagoggend 14 Mei 2023 omstreeks 07:41 by Oslo Beach ‘n voorstad van Port Shepstone In KwaZulu-Natal in die see verdrink.

NSRI sê ooggetuies het die voorval aangemeld.

NSRI Shelly Beach reddingstuig-en swemmers het reageer, asook polisie se soek-en redding, tesame met Netcare 911 ambulansdienste.

‘n Plaaslike vlieënier het vrywillig met ‘n Ari Track 101-helikopter by die lug-en-see kuslynsoektog aangeluit.

Plaaslike gemeenskapslede het gehelp met hommeltuig-soektogte aan die kus.

Ten spyte van die uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van die jongman wat in die branders vermis is nie.

Soekspanne het onverpoosd gesoek en die polisie het ‘n ondersoek geopen.

Daar word vermoed dat die tiener in skeurstrome vasgevang is terwyl hy geswem het voordat sig op hom in die branderlyn verlore geraak het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.