‘n Vrou het Vrydag 12 Mei 2023 by Monwabisistrand in Kaapstad uit ‘n voertuig gespring, waarna die bestuurder weggejaag het.
Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê lede van Operation Restore was besig met pattrollies toe hulle ‘n swart VW Golf met twee insittendes gewaar.
Dit het voorgekom asof die twee insittendes in ‘n argument betrokke was.
Terwyl polisielede die voertuig genader het, het die vrou uit die voertuig gespring, waarna die man weggejaag het.
Terwyl lede na die beseerde slagoffer omgesien het, het kollegas die voertuig agterna gesit.
Die jaagtog het geëindig toe die verdagte probeer het om uit die voertuig te voet verder te vlug.
Hy is in hegtenis geneem en aangehou vir beweerde aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Daar is vasgestel dat hy die slagoffer se kêrel is.
Hy sal in die Khayelithsha-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



