‘n Man wat selfdood wou pleeg is Woensdagaand 10 Mei in Caledonstraat, Riversdag, Meyerton uit ‘n boom gered.
Community Emergency Response Team se Vaal-span het omstreeks 22:15 ‘n oproep vir ‘n poging tot selfdood, ontvang.
Met aankoms op die toneel is ‘n man ongeveer ses meter hoog in ‘n boom gekry. ‘n Tou was om sy nek en om ‘n tak vasgemaak, terwyl hy deur ‘n baie klein sytak ondersteun is.
“Ons bemanning het dadelik Midvaal Brandbestryding gekontak om te help om die pasiënt af te kry, aangesien hy te hoog was en gevrees het dat die klein tak wat hom bo hou sou breek, wat sou veroorsaak dat hy homself sou hang.”
Midvaal Brandbestryding het dadelik reageer en die pasiënt uit die boom gered.
Die pasiënt is op die toneel deur CERT-bemanning geassesseer en in ‘n stabiele toestand deur ER24 na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
Meyerton Midvaal brandweer en redding is vir hul vinnige reaksie en redding van die pasiënet, asook ER24 en Riversdal GPF vir bystand op die toneel, bedank.
Indien jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp benodig, kontak die volgende nommer:
**Suicide Hotline 0800 567 567.
**24hr Helpline 0800 12 13 14.
**SMS 31393 (en ‘n SADAG berader sal jou kontak)
**’n Simpel “deel” of kopieer en plak mag dalk iemand se lewe red.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



