Help om David Bernadus Enslin wat dorp toe is en vermis raak op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

David Bernadus Enslin (63) van Merriespruit is sedert 11 Mei 2023 in Virginia, Vrystaat, vermis.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê hy het die huis op die betrokke dag verlaat om dorp toe te gaan, maar het nooit weer teruggekeer nie.

Sy suster het hom op 11 Mei by die Virginia-polisiestasie as vermis aangemeld.

Hy antwoord nie sy selfoon nie.

Sy suster sê dat hulle saam woon en dat hy nooit die woning vir ‘n lang tydperk verlaat nie.

‘n Vermiste persoon saak is geopen en met ondersoek is plekke waar sy vriende is, besoek, maar sonder sukses.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan hulle met die volgende persoon in aanraking kom:

Speur.ao. Jaco van Rensburg van Virginia-speurtak by 082 301 3062 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.