Drie persone is Saterdagoggend in ‘n kop-aan-kop-botsing op die R34 tussen Newcastle en Untrecht in KwaZulu-Natal dood.
Chantelle Bothma, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Services sê hulle het op die rapportering van die ongeluk reageer.
Met aankoms op die toneel het hulle die twee voertuie gevind wat met mekaar gebots het.
Paramedici het die area van die ongeluk geassesseer en vier pasiënte wat kritiek beseer is, gevind.
Hulle is op die toneel behandel alvorens hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Drie insittendes was noodlottig beseer en het aan hul wonde beswyk voordat nooddienste gearriveer het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



