Drie dood, drie ernstig beseer in ongeluk tussen ‘n bus en ‘n motorvoertuig

Deel hierdie storie / Share this story

Drie persone is dood en nog drie ernstig beseer in ‘n ongeluk wat Vrydag op die Madadenipad in KwaZulu-Natal plaasgevind het

Chantelle Botha, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Service sê hulle het nadat hulle oproepe ontvang het, na die ongeluk reageer.

Met aankoms is gevind dat ‘n bus en ‘n motorvoertuig in die ongeluk betrokke was.

Paramedici het die toneel geassesseer en drie pasiënte gevind wat ernstig beseer is.

Die beseerdes is eers behandel voordat hulle vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal vervoer is.

Drie insittendes het noodlottige beserings opgedoen en het gesterf voordat nooddienste opgedaag het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.