Twee persone deur weerlig doodgeslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van twee persone wat op 3 Mei 2023 deur weerlig doodgeslaan is, is tussen Grayville en Spearville, in Baberton, Mpumalanga ontdek.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die oorledenes het na bewering vir erge weerlig onder ‘n boom geskuil.

Volgens ‘n ooggetuie het ‘n vrou glo eers van ‘n bus geklim en besluit om onder ‘n boom te skuil, waarna ‘n man in sy dertigs oomblikke daarna by haar onder die boom aangesluit het.

Die twee is daarna dood gevind.

Volgens Barberton Online is die manspersoon ‘n welbekende bromponie-bestuurder vir ‘n restaurant. Maar besonderhede van die vrou was nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.