Christo van der Merwe (42) wat sedert 7 Mei 2023 in Boschkop, Pretoria, Gauteng, vermis was, is dood gevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê die oorledene is die laaste keer gesien waar hy ‘n argument met ‘n vriend by ‘n kroeg gehad het, wat nie vêr is van waar hy bly nie.
Hy is op 10 Mei deur sy familie as vermis aangemeld.
Sy liggaam is Donderdag 11 Mei 2023 in ‘n veld op ‘n plot nie vêr van sy huis gekry nie.
Die polisie het ‘n moordsaak geopen en ondersoek duur voort.
Nog geen in hegtenisnemings is gemaak nie.
Sy dood is ook deur sy neef op Facebook bevestig:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



