‘n Sewejarige van Ladismith is tragies op ‘n uitstappie oorlede toe die voertuig waaarin hy en sy familie gery het, omgeslaan het.
Lee-Marcwin Hess, ‘n graad 1-leerder aan die Laerskool Towerkop, en sy familie was op pad na ‘n rugbywedstyd toe die motor waarin hulle gery het net buite Oudtshoorn omgeslaan het.
Die bestuurder van die voertuig, Johnnfred Hess, het glo beheer verloor en Lee-Marcwin is uit die voertuig geslinger.
Hy word op 20 Mei vanuit die Maranata-kerk begrawe.



